Die DBV is van skenkings afhanklik om viervoetige vriende te versorg.
Met die feestyd om die draai is die behoefte groter as gewoonlik en ’n versoek word aan die publiek gerig om dierekos te skenk. Skenkings is ook broodnodig om dag-tot-dag-uitgawes te dek.
Lesers wat ondersteuning wil bied, kan só kontak maak:
- Kroonstad: 079-871-5947 of Elouise Hoffman by 076-172-3720; en
- Bethlehem: 058-303-3998.