Die Kroonstadse DBV beplan ’n opskop ten bate van viervoetiges.
Dit neem op 28 Oktober die vorm aan van ’n dansparty met ’n ete in die ou Rooiskool se saal. Die geselligheid begin om 18:30 vir 19:00 en daar sal ’n kontantkroeg wees.
Kaartjies kan teen R150 per persoon by Dalleu Elektries se kantoor gekoop word, of by enige komiteelid. Rig navrae aan Eloise Hoffman by 076-172-3720 of Johan Fourie by 082-088-2864.