Drie dansers van Bethlehem het aan die wêreldkampioenskapsbyeenkoms deelgeneem wat van Vrydag (24/06) tot Sondag in Blackpool, Brittanje, gehou is.
Kylie van der Merwe en Simoné Knoetze, altwee gr. 7-leerlinge aan die Laerskool Jordania in Bethlehem, en Lilandi de Klerk, ’n gr. 12-leerling aan die Hoërskool Witteberg, is gekies is om Suid-Afrika op dié byeenkoms te verteenwoordig.
Hulle ontvang die afgelope ses jaar al dansafrigting by Nadine Mollentze, eienaar van die Illusion-dansateljee.
Mollentze sê hulle het al drie kampioenstatus bereik.
Om vir dié status te kwalifiseer moes hulle in hul verskillende dansstyle aan kwalifiserende rondes deelneem. Die proses geskied gewoonlik in ’n tydperk van ’n jaar, en hulle het met hul prestasies van verlede jaar gekwalifiseer om aan die wêreldkampioenskap deel te neem.
“Ek is baie trots op die drie, omdat hulle onder enkele dansers oor Suid-Afrika heen is wat vir die wêreldkampioenskap gekies is,” sê Mollentze.
Al drie die Bethlehemse dansers het in freestyle en slow dance deelneem.