Ek wil vandag baie dankie sê aan die eienaars en die bestuur van die Jordaniapark-aftreeoord hier in Kroonstad vir die lieflike restaurant wat die aftreeoord bygekry het, asook vir die kafee op die perseel wat mooi opgeknap is.
’n Mens hoor baie keer iemand sê: “Ek wil nie in ’n ouetehuis bly nie.”
Maar hier by Jordaniapark is ons inwoners bevoorreg om op ’n perseel te woon met pragtige en netjiese tuine, waar ons uitstekende versorging ontvang, en met die heerlikste etes wat bedien word.
Baie dankie dat julle so baie vir ons omgee en doen. Dit word opreg waardeer.
Van ’n baie dankbare inwoner.