Bystand beskikbaar om trauma te troef

Het jy onlangs trauma ervaar? Ly jy nog aan ontstellende herinneringe aan die trauma; vermy jy herinneringe aan die gebeurtenis; sukkel jy om positiewe emosies te ervaar; sukkel jy om te slaap; ly jy steeds aan stres en angs?.


Het jy onlangs trauma ervaar? Ly jy nog aan ontstellende herinneringe aan die trauma; vermy jy herinneringe aan die gebeurtenis; sukkel jy om positiewe emosies te ervaar; sukkel jy om te slaap; ly jy steeds aan stres en angs?

Dan ly jy dalk aan post-traumatiese stresversteuring (PTSV).

Junie is wêreldwyd PTSV-bewustheidsmaand.

As ’n geestesgesondheids- en welstandgerief word pasiënte wat aan PTSV ly, of onder verwoestende dwelmverslawing gebuk gaan, by Mondia Health Dihlabeng in Bethlehem behandel.

Wat is PTSV?

PTSV is ’n algemene geestesgesondheidstoestand wat kan ontwikkel nadat iemand ’n traumatiese gebeurtenis ervaar of gesien gebeur het.

Baie mense sukkel om traumatiese gebeure te verwerk, maar met tyd en goeie selfsorg word hulle gewoonlik beter.

As simptome egter vererger, en maande of selfs jare lank aanhou; met die verrigting van iemand se daaglikse take inmeng; of iemand se sosiale- en werkslewe en verhoudings beïnvloed, bestaan die moontlikheid dat so iemand aan PTSV ly.

Wat is ’n traumatiese gebeurtenis?

Trauma is enige gebeurtenis waardeur iemand deur die dood, geweld of ernstige besering gekonfronteer word, en waardeur hul sin van veiligheid of welstand bedreig word.

Trauma kan voortspruit uit ’n enkele gebeurtenis, maar dit kan ook ontwikkel uit langtermyn gebeurtenisse soos gereelde mishandeling.

Om ’n traumatiese gebeurtenis te aanskou, kan ook trauma veroorsaak en PTSV kan ook ontwikkel nadat iemand uitvind dat ’n geliefde trauma ervaar het.

Voorbeelde van traumatiese gebeure sluit die volgende in, maar is nie beperk nie tot: motorongelukke; ernstige beserings of siekte; oorlog; natuurrampe soos tornado’s, aardbewings of vloede; fisieke mishandeling of aanranding; verbale en emosionele mishandeling; seksuele mishandeling; die skielike afsterwe van ’n geliefde; verwerping of verwaarlosing tydens die kinderjare; die ervaring van hulpeloosheid of uiterste vrees ten tyde van die gebeurtenis; langtermyn of herhaalde trauma; of ’n gebrek aan maatskaplike ondersteuning ná ’n traumatiese gebeurtenis.

Simptome van PTSV:

1.
Opdringerige herinneringe

Herhalende, ontstellende herinneringe van die traumatiese gebeurtenis, nagmerries of herlewing van die gebeurtenis deur terugflitse. 2.Vermyding

Die vermyding van herinneringe wat aan die trauma gekoppel is, soos mense, plekke, aktiwiteite en situasies.

Iemand vermy dit om aan die trauma te dink, of te praat oor wat gebeur het of vermy dit om gevoelens daaroor uit te druk.3.Negatiewe veranderinge in denke en gemoed

Voortdurende vrees, woede, skuldgevoelens, geheueverlies, negatiewe of verwronge denke oor die self, ander of die wêreld, of om skuld op die self of ander te plaas. So iemand het die gevoel van verwyderd wees van die samelewing en sukkel om hegte verhoudings te handhaaf.

Sulke individue geniet nie meer aktiwiteite wat hulle voorheen geniet het nie en sukkel om positiewe emosies te ervaar of kan leeg of gevoelloos voel.

Selfdoodgedagtes en ’n gevoel van hopeloosheid kan ook ervaar word.4. Veranderinge in fisieke en emosionele reaksies

Geïrriteerdheid, aggressie, woede-uitbarstings, roekelose of selfvernietigende gedrag soos middelmisbruik word ervaar, asook oormatige waaksaamheid of om altyd op hul hoede te wees vir gevaar. So iemand kan maklik skrik of bang wees, sukkel om te konsentreer of sukkel om te slaap.

Behandeling

Holistiese behandeling kan ’n mens help om die gevoel van beheer oor ’n mens se lewe te herwin.

PTSV se hoofbehandeling is psigoterapie, maar dit kan ook medikasie behels.

Iemand kan individuele terapie of ondersteuningsgroepe oorweeg as ’n manier om kontak te maak met ander wat soortgelyke ervarings trotseer.

Die kombinasie van hierdie behandelinge kan help om simptome te verbeter deur iemand die toepaslike vaardighede aan te leer om hul simptome te bestuur; hulle te help om meer positief oor hulself, ander en die wêreld te dink; en ander probleme te behandel wat dikwels met traumatiese ervarings gepaard gaan soos depressie, angs of dwelmmisbruik.

Dit is belangrik om te weet dat PTSV behandelbaar is en dat om professionele hulp te soek ’n dapper tree in die rigting van ’n pad na genesing is.

By Mondia Health Dihlabeng is kundiges in psigiatrie, sielkunde, arbeidsterapie, maatskaplike werk en meer.

Daar is in-hospitaal opname wat individuele terapie en ’n groepsprogram behels, pasiënte word ook op buitepastient-vlak (geen opname nodig) gehelp en gemeenskaps-ondersteuningsgroepe word ook maandeliks aangebied.

Mense wat voel dat hulle hulp benodig, kan Mondia Health Dihlabeng op hul 24-uur hulplyn by 076-509-4011 bel, of per e-pos kontak by info@mondiahealth.co.za. Die geriewe is by De Leeuwstraat 25, Bethlehem, geleë.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.