Hoogtepunte op kalender in 2017
- 4 Februarie: vroue-bederfdag met Hannes van Wyk
- 6-8 Februarie: loopbaan-uitstalling
- 2 Maart: koshuisfunksie
- 28 Maart: opedag gr. 7’s
- 30 Maart: kaskardag
- 24 April: mnr. en mej. BVHS
- 5 Mei: Pa’s- en seunsaand vir jonk en oud
- 20 Mei: Derby
- 10 Augustus: Entangled (skoolopvoering)
- 31 Augustus: prestige kultuuraand
- 1 September: BVHS se 115de verjaarsdag
- 8 September: wildsfees
- 28 September matriekafskeid
- 10 Oktober: modeparade: matrieks
Skool vier 115de bestaansjaar
Bethlehem Voortrekker Hoërskool het in 1870 sy ontstaan in die konsistorie van die NG kerk gehad. Dit is ten tyde van die Anglo-Boereoorlog onderbreek en daarna is dr. Clarke as die eerste hoof van Bethlehem Hoërskool aangestel. Spoedig het die skool ’n belangrike rol gespeel om die Afrikaner-ideaal in stand te hou en om versoening tussen die twee taalgroepe te bewerkstellig – ’n ideaal waarna ons vandag nog steeds strewe, soos weerspieël word in ons leuse: NON SIBI SED PATRIAE (Nie vir myself nie, maar vir my vaderland!)
In 1938 is die ideaal ook in die skool se naam bevestig, deurdat die skool voortaan as Die Bethlehem Voortrekker Hoërskool bekend sou staan ter herdenking aan die Groot Trek.
Hoogtepunte in die Hoërskool Voortrekker se geskiedenis:
1902 – school re-opens after Anglo Boer War with Dr George Clarke as headmaster.
1936 – Voortrekker word die eerste skool in Suid-Afrika om sy skoolkleure onder die Kleure-registrasiewet te registreer.
1938 – the school receives its name Voortrekker High School.
1940 – die skoollied word die eerste keer gesing in Oktober 1940.
1979 – die nuwe skoolgeboue word betrek.
2002 – viering van 100ste bestaansjaar.
2012 – viering van 110de bestaansjaar.
2017 – viering van 115de bestaansjaar. Feesvieringe vind op 8 September 2017 ten tyde van ons jaarlikse wildsfees plaas.
A school becomes renowned not only for the achievements of present learners, but also for what is achieved by its alumni over time.
Alumni maak skool sterk
Die doel van die Alumni is om alle betrokkenes bewus te maak van die skool se erfenis, maar die klem word op die toekomsvisie geplaas.
Die gemeenskap en veral oudleerlinge is die ruggraat wat die skool se hande sterk maak om die beste vir leerlinge te gee.
Bethlehem Voortrekker-alumni stel die vriendskap van oud-leerlinge hoog op prys en wil die basis van oudleerlinge tot voordeel van die skool en huidige leerlinge gebruik.
Lidmaatskap word gegee aan alle oudleerlinge, -onderwysers en Voortrekker-ondersteuners.
’n Databasis word opgebou.
Alle belanghebbendes wat nog nie van die Alumni deel is nie, stuur ’n e-pos aan bemarking@voortrekker.co.za.
Begin jaar met nuwe personeellede
Skool blink uit in Vrystaat
Die Hoërskool Voortrekker se wiskunde- en fisiese wetenskapdepartemente is ná die 2016 matriekuitslae tydens die Vrystaatse onderwysdepartement se prysuitdeling as ’n top-presterende skool aangewys.
Die skool ontvang ook R100 000 vir sy prestasie in wiskunde.
Verwelkom nuwe leerlinge met ’n glimlag


















Skool opgewonde oor nuwe sportdrag
In ons 115de jaar is ons opgewonde oor ons nuwe sweetpak wat deel is van ons nuwe Canterbury-sportdragreeks.