Buurte só opgekikker

Die Frankfort-tak van AfriForum bedryf ’n slaggatprojek as deel van die #MyWoonbuurt-kompetisie, wat in Maart deur die organisasie begin is om gemeenskappe aan te moedig om hul woonbuurte op te knap.

Inwoners van Frankfort besig om slaggate in Beckwithstraat te herstel as deel van AfriForum se #MyWoonbuurt-kompetisie.Foto: Verskaf

Credit: SYSTEM

Die Frankfort-tak van AfriForum bedryf ’n slaggatprojek as deel van die #MyWoonbuurt-kompetisie, wat in Maart deur die organisasie begin is om gemeenskappe aan te moedig om hul woonbuurte op te knap.

Inwoners van Frankfort het eenparig besluit dat slaggate in Beckwithstraat dringend opgevul moet word. Gemeenskapslede het ingespring, en vir die opknappingsproses van hierdie straat is 500 sakke teer, wat 12 ton geweeg het, gebruik.

“Die #MyWoonbuurt-kompetisie het ten doel om gemeenskappe te help, asook om inwoners aan te moedig om by opknappingsprojekte in hul woonbuurt betrokke te raak,” sê Chris Morgan, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Hoogland.

AfriForum beplan om weer later in die jaar bedrywighede rondom die kompetisie te dryf.

Belangstellendes kan AfriForum se profiele op die sosiale media dophou vir kennisgewing oor wanneer die volgende kompetisie-bedrywighede sal plaasvind.

You need to be Logged In to leave a comment.