Die De Wet-broers van Kroonstad het weer hul slag op die boogskietbaan gewys en is altwee vir die nasionale span gekies wat volgende maand aan die wêreldkampioenskap sal deelneem.
Ignus (gr. 12) en Franco de Wet (gr. 10) is leerlinge aan die Hoërskool Trio in Kroonstad.
Hulle het op 27 Mei hul Protea-kleure in boogskiet ontvang op ’n oorhandigingsgeleentheid wat in Pretoria plaasgevind het.
Met die insluiting van die sibbe in die nasionale span sal hulle Suid-Afrika in die junior wêreldboogskietkampioenskap verteenwoordig.
Die byeenkoms sal van 1 tot 9 Julie in Limerick, Ierland, plaasvind.
Ignus neem in die o.21-onderdomsgroep deel en Franco as o.18-skut.