’n Veldbrand wat op 29 Julie by die Bloemhoekdam buite Kroonstad ontstaan het, het groot verwoesting op plase in die omgewing gesaai. Die brand het in ’n oostelike rigting na Doornkloof versprei, aangedryf deur wind met ’n sterkte van 68 km/h. Dwarrelwinde het die vuur ook in noordelike en suidelike rigtings gedwing. Boere het bykans 11 000 ha veld, asook beeste, in die brand verloor. Voermol-veevoer het op 15 Augustus 34 ton veevoer en Super 18 aan boere wat skade gely het, geskenk. Van links is Sas le Roux (agent vir Voermol-veevoere) saam met Herman Spies (boer en voorsitter van die Eersterus-boerevereeniging) en Nico Lategan (boer van Kroonstad), wat die skenkings in ontvangs geneem het.Foto: Verskaf

Credit: SYSTEM