Briewe vir boere ingewag

Bedrywighede rondom die 15de reeks van die gewilde kykNET-werklikheidsprogram Boer soek ’n vrou het begin, en die tien boere vir dié reeks is pas bekend gestel.


Bedrywighede rondom die 15de reeks van die gewilde kykNET-werklikheidsprogram Boer soek ’n vrou het begin, en die tien boere vir dié reeks is pas bekend gestel.

Vanjaar neem nege manlike en een vroulike deelnemer, tussen die ouderdom van 26 en 50 jaar, uit ses provinsies deel.

Die Vrystaat spog met twee deelnemers.

Dit is die 43-jarige boer Kotie, wat ’n saai- en beesboer van Harrismith is en die 26-jarige boer Philru, ’n beesboer wat in die Petrus Steyn-distrik boer.

Belangstellendes wat vir een van die boere ’n brief wil skryf, moet ouer as 21 jaar wees en ongetroud, geskei – of ’n weduwee of wewenaar. Briewe moet voor 28 Julie om middernag ontvang word.

Om die boere beter te leer ken, besoek kyknet.tv of skakel 079-614-2229. E-pos kan ook aan boer@wolflightsa.com gestuur word vir meer inligting.

Digitale inskrywings, wat deur ’n video vergesel kan word, is welkom.

Voornemende pasmaats sal ook briewe of pakkies per kourier vir die boere kan stuur na een van dié twee adresse: Boer soek ’n vrou, Postnet 211, Privaatsak X 15, Somerset-Wes, 7129; of 11 Coronation-laan Somerset-Wes, 7130.

Die gewilde en bekende Marciel Hopkins sal die reeks ’n derde keer aanbied.

Dié reeks sal van Januarie 2023 af op DStv-kanaal 144 uitgesaai word.

You need to be Logged In to leave a comment.