’n Gru-padongeluk buite Heilbron het die lewe van vyf mense geëis. Die slagoffers is dood toe ’n vragmotor en ’n ligte voertuig Vrydag (22/04) omstreeks 13:45 reg van voor op die R57-pad, 15 km buite Heilbron, gebots het.

Met nooddienspersoneel se aankoms is die ligte voertuig onder die vragmotor langs die pad gevind. Die lyke van drie vroue en twee mans is op die toneel gevind en die liggame van die oorledenes wat vasgekeer was, moes uit die voertuig gesny word.

Die insittendes van die vragmotor het geen beserings opgedoen nie.

Die voorval word deur die plaaslike owerhede ondersoek.

You need to be Logged In to leave a comment.