Bokkieweek ontlok weer goeie deelname

Die Bokkieweek was vanjaar weer ’n reuse-sukses, met 3 446 sportspelers en beamptes uit 16 unies wat die geleentheid in Kroonstad bygewoon het.


Die Bokkieweek was vanjaar weer ’n reuse-sukses, met 3 446 sportspelers en beamptes uit 16 unies wat die geleentheid in Kroonstad bygewoon het.

Op die openingseremonie op 24 Junie het Bok van Blerk die skare vermaak, waarna die onderskeie spanne wat aan die Bokkieweek deelgeheem het, bekendgestel is.

Die o.19-rugbyspanne van Noord-Vrystaat en BCVO het eerste kragte gemeet, met Noord-Vrystaat wat koning gekraai het met ’n eindtelling van 19 – 17.

Op 25 Junie is o.8-kinders die eerste keer geleentheid gebied om aan die bulletjie-rugby deel te neem, en die volgende dag is die poplap-netbal en -mini-hokkie aangebied.

“Die Bokkieweek wat van 24 tot 28 Junie plaasgevind het, se bedrywighede op die velde, bane, en die terreine het groot trots en ’n toets van deursettingsvermoë vir die deelnemers en toeskouers beteken,” sê ds. Peter Stans, uitvoerende hoof van Afrikaner Volkseie Sport.

’n Verskeidenheid kos en talle produkte is op Bokkieweek te koop aangebied.

Die kroningsgeleentheid van Mnr. en Mej. Bokkieweek het by die Johan Slabbert-skool plaasgevind. Craven Crause van Griekwas en Ghitte Wiid van Noord-Transvaal is as die wenners aangekondig.

Dylan Coetzee van Oos-Transvaal se o.19-hokkiespan die week met sy hokkietokse ingestap, maar met ’n splinternuwe Suzuki S-Presso van Bokkieweek weggery.

Dié gelukstrekking is vanjaar ’n eerste keer gehou.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.