Boere wag vir briewe

Philru van Petrus Steyn Vrystaat Die vyftiende seisoen van die gewilde kykNET-werklikheidsreeks Boer Soek ‘n Vrou het sopas begin Die toptien boere vir dié seisoen is  bekendgestel. Vanjaar is daar […]


Philru van Petrus Steyn

Philru van Petrus Steyn

Die vyftiende seisoen van die gewilde kykNET-werklikheidsreeks Boer Soek ‘n Vrou het sopas begin Die toptien boere vir dié seisoen is  bekendgestel.

Vanjaar is daar nege manlike en een vroulike deelnemer tussen die ouderdom van 26 en 50 jaar uit ses provinsies wat deelneem.

Die Vrystaat spog met twee deelnemers in die vyftiende reeks.

Dit is die 43-jarige boer Kotie, wat ‘n saai-  en beesboer  van Harrismith is en die 26-jarige boer Philru ‘n jong beesboer wat in die Petrus Steyn-distrik boer.

Belangstellendes wat graag vir die top-tien boere ‘n brief wil skryf moet ouer as 21 jaar, ongetroud, geskei of ‘n weduwee/wewenaar wees. Inskrywings moet voor middernag op Donderdag, 28 Julie ontvang word.  Om die boere beter te leer ken besoek die webtuiste by www.kyknet.tv, of bel 079-614-2229 of stuur ‘n e-pos aan boer@wolflightsa.com, vir meer inligting.

Digitale inskrywings, wat ook deur ’n video vergesel kan word, is welkom. Voornemende pasmaats sal ook briewe of pakkies per kourier vir die boere kan stuur na een van dié twee adresse: Boer Soek ‘n Vrou, Postnet 211, Privaatsak X 15, Somerset-Wes, 7129 of 11 Coronation-laan Somerset-Wes, 7130.

Die gewilde en bekende Marciel Hopkins, sal vir die derde keer die reeks aanbied, wat in Januarie volgende jaar uitgesaai sal word.

You need to be Logged In to leave a comment.