Leerlinge aan die Hoërskool Voortrekker in Bethlehem het in verskeie kompetisies ’n barshou geskiet. Eloise Snyman (gr. 10) en Eckhart Meaker (gr. 8) het op 7 en 8 Oktober aan die Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildbewaringsvereniging (SAJWV) se nasionale junior o.16-sportskietkampioenskap deelgeneem. Die byeenkoms is by die Sandrivier 58-tak se Excalibur-skietbaan in Welkom aangebied. Altwee die skuts het op dié geleentheid hul nasionale SAJWV-kleure verwerf. In Augustus het Suzanne Meintjes en Brice Jones, albei in gr. 8, aan die SA Jagtersvereniging se nasionale skietkompetisie in Bloemfontein deelgeneem. Suzanne was 14de en Brice 16de. Luane Fick, ook in gr. 8 in Voortrekker, ding mee in die Nasionale Skietliga (NRL) se .22-liga en is eerste in haar afdeling op die nasionale ranglys. Sy sal volgende jaar in Maart aan die kampioenskapsbyeenkoms deelneem. Nienke Venter (gr. 8) het ook nasionaal in die NRL meegeding en goed gevaar. Van links is, voor: Nienke, Eloise en Luane Credit: SYSTEM