Blink toekoms in jou bereik

Vandag se jongmense is dikwels pessimisties oor hulle toekoms.


Vandag se jongmense is dikwels pessimisties oor hulle toekoms.

Met die werkloosheidsyfer wat jaarliks hoër word en ekonomiese druk wat die prentjie nog donkerder laat lyk, is dit maklik om uit die staanspoor moedeloos te wees wanneer jongmense oor hul toekoms droom.

Dié prentjie blyk ongelukkig die werklikheid vir baie jongmense in Suid-Afrika te wees, maar kyk jy na Sol-Tech se statistiek van die afgelope paar jaar, is dit anders. Sedert Sol-Tech sy opleidingsdeure in 2007 oopgemaak het, is daar al duisende ambagslui wat hulle hier uitstekend vir hul toekoms voorberei het en vandag trots hul skoene in die bedryf volstaan.

Altesaam 94,7 % van Sol-Tech se studente kry werk nadat hulle hul kwalifikasie voltooi het.

Sol-Tech se driefase-opleidingsmodel speel ’n deurslaggewende rol in hierdie suksesverhaal. Studente kry ’n stewige teoretiese onderbou, verdere opleiding volg in wêreldklas-werkwinkels op kampus en word daarna afgerond en uitgebou met indiensopleiding by uitgesoekte werkgewers oor Suid-Afrika heen.

Die vaardighede en ontwikkeling van ambagslui staan sentraal tot die ontwikkeling van feitlik elke land oor die wêreld heen en Suid-Afrika is geen uitsondering nie. Al speel ambagslui ’n integrale rol in die ontwikkeling en groei van die samelewing, ondervind Suid-Afrika reeds geruime tyd ’n enorme tekort aan ambagslui.

Ambagslui in Suid-Afrika tel ook onder die topberoepe met die hoogste inkomstetrajek namate ondervinding opgedoen word. Sweisers en ketelmakers het die hoogste aanvangsalarisse en beklee van die hoogs betaalde posisies, wat die behoefte aan bekwame ambagslui onderstreep. Sol-Tech bied tans agt ambaggerigte kwalifikasies, naamlik elektrisiëns, dieselwerktuigkundiges, meulmakers, gereedskapmakers, passers-en-draaiers, megatroniese tegnikuste, outo-elektrisiëns (vervoer-elektrisiëns) en sweisers. Uitbreiding om nog meer beroepsopleidings- en ander rigtings aan te bied, is ook in die vooruitsig.

Binne die inligtingstegnologie-wêreld is ook ’n reuse-tekort aan kundigheid en daarom bied Sol-Tech sedert 2023 drie IT-kwalifikasies aan en verseker so dat meer jongmense bekwaam vir die arbeidsmark is. Die IT-kwalifikasies sluit in: Data en wolk, kubersekuriteit en IT-ondersteuning en -netwerke. Studente studeer aanlyn en woon slegs ’n verpligte week in die goed toegeruste laboratoriums op kampus by.

By Sol-Tech word die klem op die studente se persoonlike en akademiese ontwikkeling geplaas. Hardwerkende studente van karakter, met Christelike waardes wat ’n bydrae tot die samelewing kan maak, word op kampus ontwikkel. Hier kry studente soveel meer as net ambagsopleiding, met unieke tradisies, ’n eie kultuur en studenteaktiwiteite. Sol-Tech se wêreldklaskampus in Monumentpark is ryk aan simboliek en nou verweef met die geskiedenis van ambagslui in Suid-Afrika. Hier kry studente die geleentheid om uit die erfenis die toekoms vol afwagting tegemoet te gaan.

Hier sal jy ’n eersteklas-kwalifikasie verwerf, wat jou gereed sal maak vir die arbeidsmark en jou toekoms verseker. Besoek sol-tech.co.za vir meer inligting.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.