Bid saam met Vrystaat

Vrystaat Nuus/News beywer hom om by te dra tot ’n gemeenskap in die Oos-Vrystaat waar mense met verskillende agtergronde en tale ingelig is oor hul gemeenskap, sy behoeftes en hoe om te help.


Vrystaat Nuus/News beywer hom om by te dra tot ’n
gemeenskap in die Oos-Vrystaat waar mense met verskillende agtergronde en tale
ingelig is oor hul gemeenskap, sy behoeftes en hoe om te help.

Baie mense in die gemeenskap het ’n behoefte aan gebed en daarom
plaas die koerant graag hierdie versoeke.

Bid asseblief vir:

  • vroue
    wat deur hul mans mishandel word en mans wat deur vroue mishandel word;
  • mense wat
    geliefdes aan die dood afgestaan het;
  • plaaslike inwoners se veiligheid;
  • gevangenes wat vrygelaat word, sodat
    hulle met sukses in die samelewing ingesluit word en hul lewe positief
    aanwend;
  • ons
    plaaslike burgemeesters in Dihlabeng, Setsoto en Nketoana; en
  • die jeug
    van Suid-Afrika, om groot te word as ’n geslag wat God ken.


dankie vir die milde reën wat in ons omgewing geval het en die vooruitsig van
nog reën.

SMS of
WhatsApp jou gebedsversoek (met of sonder jou naam) na die redakteur by
060-6637-489 of stuur ’n e-pos naMarguerite.Vermeulen@ volksblad.com.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.