Op vanjaar se Vrystaat-swemkampioenskapsbyeenkoms wat van Woensdag 4 Desember tot Sondag by die Stadion-swembad in Bloemfontein plaasgevind het, het die Bethseals-swemklub van Bethlehem se lede goed presteer. Dié swemmers het altesaam agt medaljes huis toe gebring.
Van die Bethseal-swemklublede het ook gekwalifiseer om op vlak 2 en vlak 3 deel te neem.
Een van die uitblinkerswemmers van die klub is Jayden Maritz (18), wat die 100 m-borsslag in ’n tyd van 1:00:24 voltooi het.
Hy kwalifiseer vir deelname aan die nasionale junior swemkampioenskap.
Die Bethseals-swemmers word deur Tina Nel afgerig.