Bhm-skool se gasvryheid maak geskiedenis in VS met nuwe fokusskool

Sedert die aankondiging dat die Hoërskool Voortrekker in Bethlehem, geïdentifiseer is as ‘n fokusskool vir gasvryheidstudies – die eerste en die enigste in die Vrystaat – het ‘n miernes van bedrywighede op die skoolterrein ontstaan.


Sedert die aankondiging dat die Hoërskool Voortrekker in Bethlehem, geïdentifiseer is as ‘n fokusskool vir gasvryheidstudies – die eerste en die enigste in die Vrystaat – het ‘n miernes van bedrywighede op die skoolterrein begin.“

Die Hoërskool Voortrekker is geïdentifiseer as deel van die departement van basiese onderwys se visie om die drie-stroommodel te implementeer. Die doel van die model is om leerlinge beroepsgerig en gereed vir die arbeidsmark te maak wanneer hulle die skool verlaat,” sê Gys Coetzee, skoolhoof van die Hoërskool Voortrekker.

Einde Junie is die gebied wat beskikbaar gestel is op die skoolterrein aan die kontrakteur oorhandig om met die bykans R17 miljoen-projek te begin. Dié nege maande lange projek behoort teen April 2024 voltooi te wees.“

Dié kompleks bestaan uit ’n moderne ingerigte klaskamer met ‘n ultra-moderne kombuis waarin die studente kan kos voorberei. Daar is ‘n restaurant, ‘n koffiestasie waar baristas opleiding kan ontvang asook ‘n eksklusiewe deli wat kos tydens sportbyeenkomste sal verkoop. Die gebou is so ontwerp met balkonne sodat besoekers oor die sportvelde kan uitkyk,” sê Corna Visagie van Kroonstad, ‘n senior professionele argitektegnoloog. 

Dié kompleks bestaan uit ’n moderne ingerigte klaskamer met ‘n ultra-moderne kombuis waarin die studente kan kos voorberei. Daar is ‘n restaurant, ‘n koffiestasie waar baristas opleiding kan ontvang asook ‘n eksklusiewe deli wat kos tydens sportbyeenkomste sal verkoop. Die gebou is so ontwerp met balkonne sodat besoekers oor die sportvelde kan uitkyk,” sê Corna Visagie van Kroonstad, ‘n senior professionele argitektegnoloog. 

Visagie is in 2021 deur Maseru Mphati van Mphati Associates Quantity Surveyors genader om aan die eksklusiewe projek in Bethlehem te werk.

Die fokusskool se restaurant sal oop wees tydens besigheidsure vir die publiek, ouers en leerlinge van die skool.

“Hierdie is verseker ‘n groot aanwins vir die Oos-Vrystaatse gemeenskap. Vanaf die stoep-area sal ondersteuners hokkie en netbal kan kyk tydens interskole wedstryde,“ sê Benette Brits, onderhoof van Voortrekker.

Die restaurant beskik oor binnenhuise braaigeriewe vir kaggelvuur-gesellighede en ‘n koffiemasjien vir die beste koffie in die dorp. Voortrekker se leerlinge en personeel sal in die restaurant werk om die etes voor te berei en sal ook die bestuur daarvan hanteer. Verskeie tema-aande word beplan waarvan die sjef in beheer sal wees.

Voortrekker bied vir leerlinge saam met ander praktykgerigte vakke, soos meganiese en siviele tegnologie, baie geleenthede aan. Gasvryheidstudies word vanaf 2024 in die gr. 8’s se vakpakket ingesluit. Dus sal voornemende sjefs die hele Bethelehem-gemeenskap se smake kan troef as hul in die nuwe 50-sitplek restaurant kom eet.

Coetzee sê hulle sien uit om die gasvryheidsentrum wat ook oor ‘n volledige toegeruste industriële kombuis en ‘n klaskamer beskik te open.

Die projek word deur die Vrystaatse departement van onderwys gefinansier en alle bouwerk en toerusting sal in plek wees tydens die amptelike opening.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.