Bhm-konsert ’n platform vir gehaltemusiek

Die Hervormde Gemeente Bethlehem bied Sondag (23/04) sy tweede gratis Sondagkonsert vir die jaar in die kerkgebou by Barry de Koklaan 29 in Bethlehem aan.


Die Hervormde Gemeente Bethlehem bied Sondag (23/04) sy tweede gratis Sondagkonsert vir die jaar in die kerkgebou by Barry de Koklaan 29 in Bethlehem aan. Die konsert duur van 12:00 tot 13:00, en die kunstenaars wat optree is Kjirsten Forrester (violis) en die sangduetpaar Sampie Jansen van Vuuren en Adéle Fourie. 

Die gemeenskap word hartlik uitgenooi om ‘n rustige uur van gehaltemusiek voor middagete te kom geniet. 

Sondagkonsert

Bekende violis Kjirsten Forrester is deel van die Sondagkonsert wat Sondag (23/04) by die Hervormede Gemeente Bethelhem sal plaasvind.

Konsertgangers kan ook om 11:00 ’n heerlike koppie tee of koffie in die kerksaal en saam met die gemeente kom geniet. Die ingangshek na die kerk is in Dr. Clarkestraat sowel as die voorhekkie in Barry de Koklaan. Vir meer inligting of navrae, skakel Susan Maré by 076-997-7646.

You need to be Logged In to leave a comment.