Lede en spanne van die Bethlehem-karateklub het 53 medaljes op die Shoto Champs-karatekampioenskapsbyeenkoms verwerf.
Dit behels 19 goue, 14 silwer- en 20 bronsmedaljes.
Op dié byeenkoms, op 20 Augustus in Bloemfontein, het Yente Wächter, Zian Truter, Zanco Marais en Luthendo Mphelo uitstekend in die ontwikkelingsafdeling gevaar. Hulle is elk as die wenner in hul onderskeie deelname-afdelings aangewys.
Die klub het in die spankata-afdeling goud, silwer en brons gewen, en in die spankumite-afdeling brons. Die elite-karatekas het hulle in ses ope afdelings ingeskryf en vyf goue, ses silwer- en ses bronsmedaljes verwerf. Lede van die klub het in vyf van die afdelings gewen.
Uitslae in die ope afdeling
- Louis Lategan: brons in kata (kadetseuns) en brons in kumite (kadetseuns);
- Liam Craven: brons in kata (senior mans), silwer in kumite (senior mans), goud in spankata en brons in spankumite;
- Katleho Moloi: brons in kata (junior seuns), goud in kumite (junior seuns), goud in spankata en brons in spankumite;
- Herman Booyens: goud in kata (veteraanmans) en silwer in spankata;
- Nathan Helm: goud in kata (junior seuns), silwer in kumite (junior seuns), silwer in kata (senior mans), goud in spankata en brons in spankumite;
- Corné du Preez: silwer in kata (senior vroue), goud in kumite (senior vroue) en silwer in spankata; en
- Hanré Dreyer: goud in kata (kinderseuns,), silwer in kata (kadetseuns), brons in kumite (kadetseuns), silwer in spankata en laastens ook brons in spankumite.