Bethseals wys wat vasbyt is

Lede van die Bethseals-klub in Bethlehem het van 2 tot 7 Januarie deelgeneem aan die Simon Grey Hell Week-swem-oefenkamp wat by die Hoërskool Sentraal in Bloemfontein aangebied is.

Sewe van die Bethseals-klub se swemmers het verlede week tot Saterdag (07/01) aan die uitdagende Simon Grey Hell Week-oefenkamp in Bloemfontein deelgeneem en dit suksesvol voltooi. Van links is, voor: Carissa Pitout (10) en Mine Joubert (12) Credit: SYSTEM

Lede van die Bethseals-klub in Bethlehem het van 2 tot 7 Januarie deelgeneem aan die Simon Grey Hell Week-swem-oefenkamp wat by die Hoërskool Sentraal in Bloemfontein aangebied is.

Ongeveer 120 swemmers van oor die land heen en selfs Botswana het ’n uitmergelende 11 km tot 14 km per dag geswem.

“Dit was ’n baie uitdagende oefenkamp, maar tog ook lekker – en ek is trots om te sê dat al Bethseals se swemmers hulle goed van hul taak gekwyt het en die uitdagings suksesvol voltooi het,” sê Tina Nel, Bethseals-afrigter.

Die volgende klublede het deelgeneem: Carissa Pitout (10), Mine Joubert (12), Lika Zietsman (11), Gaby Bishop (14), Nolan Orsmond (14), Jaden Maritz (16) en Janie Steyn (52).

“Die daaglikse afstand is in twee gedeel, en swemmers het soggens van 08:00 tot 10:00, en dan weer van 13:00 tot 15:00, die afstand voltooi.

“Die grootste uitdaging vir die Bethseals was vir seker die son omdat ons gewoond is om onderdak te oefen.”

You need to be Logged In to leave a comment.