Op Woensdag 2 Oktober, in die eerste wedstryd van die nuwe krieketseisoen, het die meisieskrieketspan van die Hoërskool Witteberg in Bethlehem teen Ladybrand se tweede span te staan gekom. Witteberg wen die wedstryd met 214 lopies. Van links is, voor: Dimpho Ramatlakane, Leanné Viljoen, Arné Maritz en Lize van den Berg

In die eerste wedstryd van die Thabo Mofutsanyana-liga (TBM) het die meisieskrieketspan van die Hoërskool Witteberg in Bethlehem teen Ladybrand se tweede span te staan gekom. Witteberg het die wedstryd met ‘n oorweldigende oorwinning van 214 lopies beklink.

Op Woensdag 2 Oktober in Ladybrand het Witteberg die loot gewen en gekies om eerste te kolf.

Die openingsvennootskap tussen Zané Wessels en Mia Daacke was indrukwekkend, met dié twee wat ‘n massiewe 123 lopies van slegs 58 balle aangeteken het. Zané het uiteindelik haar paaltjie vir ‘n puik 51 lopies van 34 balle verloor. Mia het die veld verlaat op 55 lopies van 28 balle om die res van die span kolfkans te gee.

Lize van den Berg en Martinique Grobler het albei uitstekend vertoon en onderskeidelik 35 en 37 lopies aangeteken sonder om hul paaltjies te verloor. Witteberg het die beurt afgesluit met ’n indrukwekkende 244/1 ná 20 beurte.

Ladybrand kon slegs 30 lopies aanteken vir die verlies van nege paaltjies oor hul 20 beurte. Verskeie Witteberg-boulers het elk ‘n paaltjie geneem, maar spesiale vermelding moet gemaak word van Arné Maritz, as paaltjiewagter.

Sy was betrokke by die kanteling van sewe van die nege paaltjies deur vyf vangskote te neem en drie uitdunne te bewerkstellig.

Witteberg begin die nuwe krieketseisoen op ‘n hoë noot. Die span is al vir die afgelope 11 jaar onoorwonne.

You need to be Logged In to leave a comment.