Beste prys vir elke boer beding

VKB-graanbemarking is daarop ingestel om ’n omvattende diens aan produsente, graanhandelaars, meulenaars, veevoer-aanlegte, internasionale handelaars en ander verwerkers te lewer.


VKB-graanbemarking is daarop ingestel om ’n omvattende diens aan produsente, graanhandelaars, meulenaars, veevoer-aanlegte, internasionale handelaars en ander verwerkers te lewer.

Hierdie diens, wat in die behoeftes van al VKB se kliënte voorsien, word deur doeltreffende stelsels, prosesse, opgeleide personeel en ’n Safex-setel gerugsteun.

Deurlopende markinligting wat op ’n hoë peil is, word daagliks op verskeie platforms voorsien. Die platforms sluit in markverslae, stemboodskappe, radio-onderhoude en WhatsApp-boodskappe.

Graanbemarking is anders as die gewone koop en verkoop van ’n kommoditeit. Dit behels nie ’n toevalligheid nie, maar ’n doelbewuste aankoop en verkoop van graan met die doelwit om die beste vir die produsent te bewerkstellig.

Alles wat internasionaal gebeur, beïnvloed die prys van graan.

Suid-Afrika is ’n klein belanghebbende op die wêreldmark, met ongeveer 16 miljoen ton mielies, in vergelyking met ander lande, soos die VSA met ongeveer 360 miljoen ton mielies.

Die VKB-gebied is ten opsigte van die Durban-hawe goed geleë vir uitvoer. Die algehele Suid-Afrikaanse geelmielie-uitvoer staan op 1,25 miljoen ton, waarvan 1,2 miljoen ton diepsee-uitvoere is, en 50 000 ton na Afrika-lande. Van witmielies word daar 235 000 ton uitgevoer, waarvan 100 000 ton diepsee is.

VKB se bydrae tot Suid-Afrika se algehele mielie-uitvoer is meer as 650 000 ton.

VKB-graanbemarking, in samewerking met VKB se silo-dienste, het in ’n baie kort tydperk die graan uitgelaai, tot 200 vragmotors per silo per dag.

Die vinnige uitlaai van mielies en deelname aan die uitvoerprogram kon VKB-graanbemarking in staat stel om baie goeie premies vir sy produsente te beding.

Vir VKB is elke produsent belangrik, en VKB-graanbemarking probeer die beste gemiddelde prys vir elke boer bewerkstellig. Dit is wat VKB bied, gepaardgaande met gemoedsrus en puik diens.

VKB se ligging in Suid-Afrika is uitstekend vir plaaslike, asook internasionale, besigheid en sy goeie naam in die bedryf is die rede hoekom kopers verkies om met VKB besigheid te doen.

VKB se beeld is belangrik en almal dra by om die beeld positief te hou.

Die spanlede gee almal om vir mekaar en het ’n goeie verhouding met silo-personeel en produsente. Elkeen in die span bring sy kant en werk met noukeurigheid as uitgangspunt sodat daar na die beste van hul vermoë na die produsent se belange omgesien word.

VKB-graanbemarking se doel is om in alle aspekte wêreldklas te wees. Met die oog hierop is daar ook ’n nuwe stelsel in gebruik geneem om in alle behoeftes te voorsien en om die hantering van inligting vinniger en meer verstaanbaar te maak.

VKB wil hê dat kliënte die groep as voorkeurdiensverskaffer sal sien en ervaar.

You need to be Logged In to leave a comment.