’n Groep van gr. 5- tot gr. 7-leerlinge aan die Laerskool Jordania in Bethlehem het van 18 tot 20 Julie op die skool se jaarlikse akademiese toer gegaan. Die leerlinge het verskeie interessante plekke en bakens, soos die Voortrekker­monument, Maropeng Cradle of Humankind en die Mystic Monkeys and Feathers-wildpark besoek. Hulle is ook op ander aktiwiteite en wildritte trakteer. Hier sit die groep leerlinge tydens hul besoek aan Pretoria op een van die stelle trappe wat na die Voortrekkermonument lei.Foto: Verskaf

Credit: SYSTEM