Die polisie in die Noord-Kaap bied ’n kontant beloning vir enige inligting wat tot die opspoor van ’n vermiste 5-jarige seun na wie hulle al vir ses maande soek, kan lei.
Le-Virno van Wyk is op 31 Mei laas gesien waar hy met vriende by ’n spoorweg naby die Skierlik-plakkerskamp gespeel het.
Die polisie het ’n beroep op die publiek gedoen om inligting wat sal help om die vermiste seun op te spoor, te deel.
Kort ná sy verdwyning is ’n soektog begin, maar het misluk. Die leidrade het opgedroog en nóú vra die polisie hulp van die gemeenskap vir leidrade.
Enigiemand met inligting kan kapt. Koos van den Heever, die bevelvoerder van die eenheid teen gesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele oortredings (GKS) in Upington op 082-202-0442 kontak of sers. Lebogang Mokwene, die ondersoekbeampte, op 082-330-4478.
Alle inligting sal vertroulik hanteer word.
Die ondersoek duur voort.