“Vandat ek kan onthou, wou ek ’n Kersboom van motorbande bou – en hierdie jaar is my droom bewaarheid toe ek die regte plek, hulp en bande gekry het,” sê Bianca Keeve, sakevrou van Kroonstad. Dié boom wat uit trekker- en motorbande aanmekaargesit is, is gesamentlik deur die Plantarium-tuinsentrum, Die KoffieWinkel, Ons Winkel en Fiti Exhaust Centre opgerig. Dit is Donderdag (08/12) voltooi. Nuuskieriges kan die boom in Murray­straat besigtig. “Ons wil graag hê mense moet iets van Kersfees beleef wanneer hulle die boom sien. Ons moedig mense ook aan om foto’s by die boom te neem. Daar kan dalk net ’n? lekker prys op die spel wees vir die beste foto.”Foto: Bianca Keeve


Beleef Kersfees

You need to be Logged In to leave a comment.