Bekende laat groot leemte in dorp

Oud en geliefde inwoner van Kroonstad, Hettie Schwim (98), is oorlede.


Oud en geliefde inwoner van Kroonstad, Hettie Schwim (98), is oorlede.

Schwim het haar lewe lank in Kroonstad gewoon en is op Saterdag 15 Junie ná ’n kort siekte oorlede. Sy het die laaste maande voor haar afsterwe in ’n aftreeoord in Johannesburg gewoon.

Die gebore en getoë Kroonstadter was met haar man Henry Schwim getroud. Die egpaar het ses kinders gehad: Heinie Schwim van Oudshoorn, Helena Scheepers van Kroonstad, Zachie Zietsman van Bethlehem en Martie Branders van Johannesburg. Evert Schwim was ook van Kroonstad maar het in 2004 verongeluk .

Schwim sou haar 99ste verjaardag op 27 Junie gevier het. Haar roudiens sal op Saterdag 29 Junie om 11:00 vanuitin die NG Gemeente Kroonstad-Oos plaasvind.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.