Groot handelsname in die landboubedryf sal hul spogprodukte tydens die KIA Makietie, Trio se ope dag en die Ignite and Revive-fees op die feesterrein by die Hoërskool Trio uitstal.
Belangstellendes sal reeds gewilde en nuwe implemente kan besigtig, met bekwame verteenwoordigers wat alle navrae sal beantwoord.
Bekende handelsname en ondernemings soos Horsch, Landini, Solis, McCormick, Morra, Maschio, Roff Milling, Hinterland, Quantum Field Services, Terra Till, Vrystaat Agri, TerraMeg en Agristaal om ’n paar te noem, sal deel wees van die indrukwekkende uitstalling.