Bejaardes met sjokolade bederf

Op Valentynsdag het die AfriForum-tak in Kroonstad, inwoners van Residentia Arboretum met heerlike sjokolade bederf om die dag te vier.


Op Valentynsdag het die AfriForum-tak in Kroonstad, inwoners van Residentia Arboretum met heerlike sjokolade bederf om die dag te vier.

“Dit is belangrik dat ons moeite doen met ons bejaardes. Hulle het ons help vorm tot die mense wat ons vandag is en daarvoor is ons baie dankbaar,” sê Gabrie Grobler, voorsitter van die AfriForum-tak in Kroonstad.

Hulle was ook bevoorreg om die oudste inwoner by dié tehuis, tannie Anna Serfontein, wat 101 jaar oud is, te kon ontmoet. Tannie Anna woon hier in ‘n selfsorgeenheid.

Grobler sê, hulle wil graag vir Marina van der Westhuizen, die bestuurder van Aboretum en haar personeel bedank vir die goeie versorging van die inwoners en dat hulle seker maak dat die dag-tot-dag bedrywighede seepglad verloop.

Anci en Anthony Duffin, saam met Carel Steyn het die inwoners en taklede vermaak met heerlike musiek waarna almal saam ? lekker middagete geniet het.

Die Kroonstad -tak nooi almal uit om betrokke te raak by die verskeie gemeenskapprojekte van die organisasie. Vir meer inligting besoek die AfriForum Kroonstad se Facebookblad.

You need to be Logged In to leave a comment.