Bejaarde se lyk buite tehuis gekry

? Grusame toneel met die naakte liggaam van ? bejaarde vrou waaraan honde begin kou het, is by ? tehuis in Moakeng, Kroonstad gevind.


? Grusame toneel met die naakte liggaam van ? bejaarde vrou
waaraan honde begin kou het, is by  ? tehuis in Moakeng, Kroonstad
gevind. 

Die liggaam van die 73-jarige Elizabeth Mkaokoe is Maandag
(18/07) omstreeks 07:15 buite in die erf van die tehuis in Maokeng opgemerk toe
personeellede van die tehuis aandiens gekom het.

Mkaokoe het verskeie beserings aan haar liggaam gehad en
haar klere het langs die heining van die tehuis gelê  terwyl honde aan
haar liggaam gekou het.

Owerhede is onmiddellik ontbied en na ‘n ondersoek is bevind
dat die hoofingang van die tehuis se deur nie gesluit was nie. Geen inbraak
word vermoed nie. 

Die personeel van die tehuis  het bevestig dat Mkaokoe
Sondagaand (17/07) in haar kamer was saam met haar kamermaat en dat die
hoofingang gesluit was toe hulle van diens af is.   ? Saak van moord
word deur die polisie ondersoek by die tehuis. 

Die polisie vra dat
enigeen met meer inligting oor die voorval om Lt. kol. Kobus Erasmus by
082-301-2972 te skakel.

You need to be Logged In to leave a comment.