‘n Grusame toneel waar die naakte liggaam van ‘n bejaarde vrou, waaraan honde begin kou het, is by ‘n tehuis in Moakeng, Kroonstad gevind.
Die liggaam van die 73-jarige Elizabeth Mkaokoe, is Maandag (18/07) omstreeks 07:15 buite in die erf van die tehuis in Maokeng opgemerk, toe personeellede van die tehuis aan diens gekom het.
Mkaokoe het verskeie beserings aan haar liggaam gehad en haar klere het langs die heining van die tehuis gelê, terwyl honde aan haar liggaam gekou het. Owerhede is onmiddellik ontbied en na ondersoek is bevind dat die hoofingang van die tehuis se deur nie gesluit was nie. Geen inbraak word vermoed nie.
Die personeel van die tehuis het bevestig dat Mkaokoe, Sondagaand (17/07) in haar kamer was saam met haar kamermaat en dat die hoofingang gesluit was, toe hulle van diens af is. ‘n Saak van moord word deur die polisie ondersoek oor die raaiselagtige moord by die tehuis. Die polisie vra vir enigiemand met meer inligting oor die voorval, om vir Lt. kolonel Kobus Erasmus op 082- 301 -2972 te bel.