Joël Rix, ’n gr. 8-leerling aan die Hoërskool Witteberg in Bethlehem, is eerste op die nasionale muurbalranglys vir seuns o.16. Joël het van 14 tot 16 Oktober saam met die Vrystaat-A-span in die Potchefstroom-muurbaltoernooi meegeding en is as die wenner in sy afdeling gekroon. Hy het ook die Technifibre-muurbaltoernooi gewen en só die eerste plek in die Vrystaat ingeneem. Joël is op Witteberg se prysuitdeling as die toppresteerder in buitesport vir 2022 aangewys. Die Vrystaatspan wat die D-afdeling in die toernooi in Potchefstroom gewen het, is van links André Lombaard, Wayne Rix (Joël se pa en afrigter), Joël en Pietman Fouché (Bethlehem-muurbalklub).Foto: Verskaf

Credit: SYSTEM