Die Hoërskool Witteberg in Bethlehem se o.16A-meisieshokkiespan het einde Maart aan die Spar-hokkietoernooi in Bloemfontein deelgeneem en ’n derde plek uit die agt skole wat deelgeneem het, behaal. Witteberg het met 1 – 2 teen Eunice High School verloor, maar die Hoërskool Dr. Viljoen met 10 – 0 en die Hoërskool Jim Fouché met 5 – 0 geklop. In die halfeind het Witteberg met 0 – 1 teen die Hoër Mei­sieskool Oranje verloor en die Goud­veld-Hoër­skool met 2 – 0 geklop. In die Dirty Gold-nommers was die span derde en vierde. Kingsley Mosia, een van Witte­berg se afrigters, is as die bes­te ont­luikende skeidsregter aangewys. Eunice was eerste en Oranje tweede in die toer­nooi. Van links is, voor: Illne My­burgh

Behaal derde plek

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article