Bobby de Kock (78) het Saterdag (07/01) sy 173ste parkrun in Kroonstad voltooi. Dit was Kroonstad parkrun se eerste geleentheid vir 2023. Die bekende atleet van Kroonstad beplan om in Augustus sy 200ste parkrun-geleentheid te voltooi. Hy is druk besig om te oefen vir die eerste meestersatletiekbyeenkoms vir die nuwe jaar, wat in Maart plaasvind. Hy hoop ook om in Mei aan die nasionale meesterskampioenskapbyeenkoms in Kaapstad deel te neem.Foto: Lulu de Kock

Credit: SYSTEM