Dit is ’n nuwe jaar en een van die hoogtepunte op vanjaar se kalender is die plaaslike verskiesing.
Politieke partye skarrel nou links en regs om hul huis in orde te kry en om kiesers van hul sienings te oortuig.
’n Paar nuwe gesigte sal ook vanjaar op die kieserslyste te sien wees, wat weer die politieke landskap se kaarte na verwagting omvergooi.
Tog lyk dit of die ANC se regerende munisipaliteite onverstoord is deur die komede verkiesing, want die dienslewering van die munispaliteite is steeds nie op peil nie.
Een voorbeeld hiervan is sakeondernemings wat moet handel dryf met gate voor hul perseel.
Herstelwerk aan byvoorbeeld lekkende pype word gedoen, maar die gate word oop gelos – die meeste van die tyd sonder enige waarskuwingstekens. Dit is ’n ongeluk wat wag om te gebeur.
Dis lewensbedreigend vir die publiek, asook werkgewers en werknemers van ondernemings.
Met die verkiesing op hande sou ’n mens reken dat die regerende party ’n bietjie sou moue oprol om aan sy beeld te werk en om kiesers te wen.
Die vraag is natuurlik of daar werklik in 2024 ’n verskuiwing in die politieke landskap sal kom – en is die regerende party bewus van wat om hom gebeur of loop hy met toe oë die verkiesing tegemoet.