Atlete presteer in kampioenskap

Altesaam 15 van die Hoërskool Witteberg in Bethlehem se atlete het van 21 tot 23 Maart aan Atletiek Suid-Afrika (ASA) se nasionale atletiekkampioenskap deelgeneem.


Altesaam 15 van die Hoërskool Witteberg in Bethlehem se atlete het van 21 tot 23 Maart aan Atletiek Suid-Afrika (ASA) se nasionale atletiekkampioenskap deelgeneem.

Die volgende atlete het goed gevaar: Jané De Villiers het die eerste plek in die o.18-meisies stap-nommer verwerf en Gehard Bossert behaal die eerste plek in die 2 000 m-hindernis vir seuns o.18.

Amy Kotzé, het die derde plek vir driesprong in meisies o.18 behaal.

Laura Shepherd het in die 10 km-stap vir vroue o.20 die negende plek behaal en Jemma Shepherd het ’n negende plek in die 5 km-stap vir meisies o.16 behaal. Die geleentheid het by die Pilditch in Pretoria plaasgevind.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.