Atlete blink uit op baan

Die Hoërskool Witteberg in Bethlehem se atlete het op 8 Februarie met ander uit­blinkers kragte gemeet op die Noordheuwel-top 15-atletiek­byeenkoms in Krugersdorp.


Die Hoërskool Witteberg in Bethlehem se atlete het op 8 Februarie met ander uit­blinkers kragte gemeet op die Noordheuwel-top 15-atletiek­byeenkoms in Krugersdorp.

Witteberg was eerste in die kleinskole-afdeling, vir skole met minder as 1 000 leerlinge, en 13de uit die 49 deelnemende skole.

Die volgende atlete van Witteberg het gewys waartoe hulle in staat is en ’n eerste plek op die byeenkoms behaal:

  • Gerhard Bossert (o.16) het die 3 000 m in 09:10.00 voltooi;
  • Leoze Lottering (o.16) het die spies 47,25 m ver gegooi;
  • Amy Kotze (o.16) het in driesprong ’n afstand van 10,87 m gehaal; en
  • Andrea Steynberg (o.16) het die 800 m in 02:12.15 voltooi.

Owen Peterson (o.15) het ’n tweede plek in driesprong behaal met ’n afstand van 13,43 m.

Gerhard het in die 1 500 m ’n derde plek behaal in ’n tyd van 04:13.28. Andrea het ook ’n derde plek losgeslaan, met 59.77 in die 400 m vir meisies o.16, terwyl June Lombard oor dieselfde afstand in 59.80 derde was as o.17-atleet.

Die o.15-atleet Evan Nieuwoudt het in die 300 m-hekkies in 41.98 ’n vyfde plek behaal, asook die o.16-atleet Morapedi Masejane in die 400 m-hekkies in ’n tyd van 01:02.41.

You need to be Logged In to leave a comment.