Die Hoërskool Trio in Kroonstad is een van die min skole in die Vrystaat wat die volledige landboustudierigting, naamlik Landboustudies vir gr. 8 en gr. 9 en Landboubestuurspraktyke, Landboutegnologie en Landbouwetenskappe vir gr. 10 tot gr. 12, aanbied.
Die skool beskik oor gekwalifiseerde landboupersoneel met jarelange ervaring in die onderskeie vakgebiede.
Dit verseker dat leerlinge nie net teoreties onderrig word nie, maar doen ook waardevolle praktiese ervaring by die skool se boerdery op.
Die boerdery beskik oor twee plase: Fraaiuitzicht (614 ha) en Rustpan (214 ha).
- Gemengde boerdery word beoefen en die volgende vertakkings word volhoubaar bestuur: Kontantgewasse (mielies, sojabone en sonneblom);) veevertakkings:
beeste
– Santa Gertrudis-stoetery en kommersiële vleisbeeste (Bonsmara en Santa Gertrudis);
skape – Suffolk-stoetery en kommersiële Merino’s;) voerkrale – bees en skaap;) weidings:
– natuurlike weiding;
- – eenjarige en meerjarige aangeplante weidings; lusern onder besproeiing; en) groenteverbouing (tonnels).
- Praktiese ervaring word opgedoen in verskeie velde: grondprofiel-analise;) kalibrasie van planter- en onkruidspuit;) oesskatting;) kondisietelling en ouderdom van beeste, bokke en skape;) hoefversorging;) mikskeer;) kastrasie van ramlammers;) afsit van sterte;) onthoring;) identifikasie van diere;) oorplaatjies;) oorkepe;) brandmerk;) DNA-monsters;) tatoeëring;) ID-skandering (neusafdrukke);) mikroskyfies;) inenting en dosering;) gedrag en hantering van diere; en) dragtigheidsondersoeke.
Verskeie kursusse word voltooi en boeredae of inligtingsdae word bygewoon om die leerlinge se kennis te verbreed en te verryk.
- Dit sluit in: wolklassering;) beoordeling van ramme en ooie;) beoordeling van bulle en koeie; en) kunsmatige inseminasie van beeste.
- Die skool beskik ook oor: ’n jeugskouspan;) landbou-skouspanne (Santa Gertrudis en Suffolk);) ’n Nampo Alfa-span;) ’n sweepslagspan; en) ’n boerevereniging.
- Trio-landbou het homself deur die jare bewys as ’n verbete en gedugte teenstander, en het al verskeie prestasies opgelewer: Nampo Alfa Ekspo-skouspan (vir deelnemende landbouskole);)Beeste:
– interras-kampioen (manlik) 2017;
– beste bestuur en rekordhouding van kuddes (dié prestasie is reeds etlike jare bereik);
– interras-kampioen (manlik en vroulik) 2019;
– interras-kampioen (manlik) 2022; en
– interras-kampioen (manlik en vroulik) 2023;)Skape:
– interras-kampioen (manlik) 2023;
– interras-reserwekampioen (vroulik) 2023;
– Santa Gertrudis-skouspan (Bloemskou);
– reserwe-bulkalfkampioen (VBS 170001) 2018; en
– raskampioenbul (VBS 180009) 2022.
Verskeie eerste tot derde plekke is met ander diere behaal:
– Suffolk-skouspan (Hertzogville); en
– reserwekampioenram (2023).
- Verskeie ander plekke is behaal op die Hertzogville-skou en Bloemskou.Jeugskouspan
Verskeie van ons leerlinge word jaarliks gekies vir die Vrystaatse jeugskouspan en ding dan mee in die nasionale jeugskou-kampioenskap. Ook hier het die skool deur die jare verskeie welslae behaal.
Nasionale kampioene is opgelewer in die klasse vir perde, melkbeeste, vleisbeeste, varke, hoenders, duiwe (sier en wedvlug), konyne, kulinêre kuns en suiwelbereiding.
X nasionale groepsklas-kampioene: vleisbeeste, melkbeeste en perde.)Sweepslagspan
- Die span neem nie deel aan georganiseerde sweepslaankompetisies nie, maar tree wel op by verskeie skoolgeleenthede soos sportdae, ope dae, inligtingsdae, en so meer.Boerevereniging
Die vereniging bestaan uit ongeveer 30 leerlinge en is lid van die Renosterkop-studiegroep. Verskeie boeredae en inligtingsdae word bygewoon:
– Pannar Gewas Extravaganza;
– Pioneer dag;
– CC Chickens;
– Premier Milling;
– Cortiva;
– Nampo;
– Renosterkop-veedag;
– Renosterkop-demonstrasiedag; en vele andere.
Hoërskool Trio is ’n toonaangewende skool op akademie, landbou en tegniese gebied.
Dit is die alles-in-een skool onder een sambreel.
Die skool beskik oor uitstekende koshuise en leerlinge word in ’n plattelandse omgewing gestimuleer om hul volle potensiaal te bereik.
Leerlinge kan hulself in verskeie buitemuurse aktiwiteite van sport en kultuur uitleef.
“So nodig soos wat brood vir die lewe is, so broodnodig is Trio vir jou kind se toekoms!”