Alles in brand verloor

’n Vleuel van die Gekombineerde Skool Sarel Cilliers in Koppies is in puin gelê.


’n Vleuel van die Gekombineerde Skool Sarel Cilliers in Koppies is in puin gelê.

’n Brand wat op 7 Oktober omstreeks 07:30 by die koshuis uitgebreek het, het verwoesting gesaai. Niemand was op dié tydstip daar nie.

Boere van die omgewing, asook gemeenskapslede, moes inspring om die brand te blus.

Twee manlike personeellede van die koshuis en 30 laerskoolseuns het hul besittings in die brand verloor.

Die oorsaak van die brand is nog nie vasgestel nie.

Die departement van basiese onderwys doen ’n volledige ondersoek om die omvang van die skade te bepaal.

Nuwe komberse, kussings en matrasse word deur die departement aan die koshuis verskaf. Die publiek kan wel klere vir seuns van sewe tot 14 jaar oud skenk, asook toiletware en handdoeke.

Skenkings vir die twee manlike personeellede sal ook met dankbaarheid ontvang word.

Vir meer inligting, om skenkings te doen, of om op ’n ander manier betrokke te raak, kontak die skool by 056-777-1869 of bel Carina Serfontein, DA-raadslid, by 083-635-2851.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.