Alle oë op regering as ramp tref

Die vloede en stormskade in KwaZulu-Natal het die krisis van verwoesting op verskeie vlakke van die samelewing, waaraan Suid-Afrika die afgelope jare om verskeie redes uitgelewer is, laat verdiep.


Die vloede en stormskade in KwaZulu-Natal het die krisis van verwoesting op verskeie vlakke van die samelewing, waaraan Suid-Afrika die afgelope jare om verskeie redes uitgelewer is, laat verdiep.

Dié skade en lewensverlies kom minder as ’n jaar nadat dieselfde gebied deur plundery en onluste verlam is. Pres. Cyril Ramaphosa het ’n nasionale ramptoestand aangekondig en herstel van albei rampe lê nog ver in die toekoms.

Die Natalse kuslyn is in chaos gedompel, lewens is geëis en die water- en kragtoevoer na groot dele is onderbreek. Mense kry swaar en hulpbronne is beperk.

Die situasie is weens onvoldoende instandhoudingswerk deur die plaaslike regering en munisipaliteite, asook ’n gebrek aan rampbestuur, vererger.

Soos dit die geval in die meeste provinsies is, was die rampgeteisterde gebiede erg verwaarloos en was gebrekkige redding- en rampsbestuurplanne boonop van krag.

Die skade beloop biljoene en alle oë is op die regering om skenkings en rampfondse reg te bestuur.

Ons is immers bewus van die voortslepende korrupsie in ons land.

Dit bring ons by ’n belangrike vraag: Is ons plaaslike regering en munisipaliteite gerat vir enige ramptoestand?

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.