Afstande trotseer

Altesaam 16 atlete van die Maluti-multisportklub in Bethlehem het deelgeneem aan vanjaar se Comrades-marathon, wat op 11 Junie aangebied is.

Vanessa Fallows, ’n lid van die Maluti-multisportklub in Bethlehem, het die Comrades-marathon vanjaar in 09:45:41 voltooi.Foto’s: Verskaf

Credit: SYSTEM

Altesaam 16 atlete van die Maluti-multisportklub in Bethlehem het deelgeneem aan vanjaar se Comrades-marathon, wat op 11 Junie aangebied is.

Sowat 16 700 atlete het dié uitmergelende ultra-wedloop, wat oor 87,701 km vanaf Pietermartizburg na Durban gestrek het, aangepak.

Eindelik het 15 van dié Maluti-atlete die wedloop suksesvol voltooi en hulle spog met ’n silwermedalje elk, en vyf Bill Rowan-medaljes altesaam.

Daleen Cilliers en Johan Motaung het hul tiende Comrades-wedloop voltooi en het elk ’n permanente nommer ontvang.

Ngaka Selepe het sy 26ste wedloop voltooi, en Cilliers, Elrita Schutze en Lekgetha Abraham Moloi het daarin geslaag om die marathon in minder as agt uur te voltooi.

Die tye waarin die 15 atlete van die klub die wedloop voltooi het, is soos volg: Lekgetha Abraham Moloi (7:11); Daleen Cilliers (7:50); Elrita Schutze (7:50); Mbuyiselwa Buthelezi (8:12); Manelisi Trevor Nodikida (8:29); Johan Motaung (8:43); Moeketsi Dlamini (8:44); Makhobo Stephen Leboko (9:11); Ngaka Selepe (9:11); Jakobus Johannes Pelser (9:25); Evette Watson (9:27); Donovan Muller (9:42); Vanessa Fallows (9:45); Ebarnie Cilliers (11:22) en Glenda Koen (11:35).

You need to be Logged In to leave a comment.