Abnormaal is nie normaal nie

Dit is tragies dat klagte bykans maandeliks deur staatsamptenare ingedien word om hul misnoeë uit te spreek oor die haglike omstandighede waarin hulle moet werk, net om geen terugvoering van die betrokke departemente te kry nie.

Soos by die ondersteuningsdienste van die department van onderwys in Kroonstad, waar gereeld ingebreek en die geboue erg geplunder word.

Die skoolsielkundiges, arbeidsterapeute, spraakterapeute en remediërende onderwysers moet hier in geplunderde geboue kinders met verskeie uitdagings help om doeltreffend in die onderwysstelsel te funksioneer.

Hoe moet kinders wat reeds uitdagings het, hulp ontvang in ’n gebou waar die werknemers self nie veilig voel nie?

So het alles ook by die eens spoggerige Pretoruiskloof-natuurreservaat in Bethlehem ten gronde gegaan weens swak of geen instandhouding nie.

Nie net is die geboue vervalle nie, maar voorheen is ook berig dat waterpompstelsels by die reservaat óf geplunder óf gesteel is en riool vloei vrylik in die Jordaanrivier.

Die ergste is dat kinders vandag in abnormale omstandighede grootword, terwyl hulle dié skeefgetrekte waardes in die samelewing as normaal ervaar. Ons kan net hoop dat hulle tuis die regte boodskap kry.

You need to be Logged In to leave a comment.