Aangewys as junior sportman

‘n Atleet van die Laerskool Truida Kestell in Bethlehem, Johnathan Matthew, wat in 2024 as die junior sportman van die skool aangewys is, het tweede geeïndig in die 1200m vir […]


‘n Atleet van die Laerskool Truida Kestell in Bethlehem, Johnathan Matthew, wat in 2024 as die junior sportman van die skool aangewys is, het tweede geeïndig in die 1200m vir seuns o.12 by die nasionale atletiekkampioenskappe vir laerskole.

Johnathan eindig slegs 24 honderdstes van ‘n sekonde ná die wenner met ‘n tyd van 03:31.34 en eindig in die tweede plek.

Hy was onoorwonne gedurende die atletiekseisoen en is op 8 Maart tydens die Vrystaat-atletiekkampioenskappe in Bloemfontein as die algehele wenner van die 1200m in sy onderdomsgroep gekroon.

Hy is ook vir die Vrystaat-atletiekspan gekies om aan die nasionale kampioenskappe deel te neem. Tydens dié atletiekkampioenskappe het atlete van oor die land heen deelgeneem. Die geleentheid het van 20 Maart tot 22 Maart in Germiston plaasgevind.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.